Обзор
Презентация
1 Verse:
Heer ek is nog altyd by U
U hou my met U regterhand vas
U lei my met U raad
Daarna sal U my ook dan in heerlikheid ontvang
My liggaam en my hart kan kwyn
Maar God is my blywende krag
en my erfdeel vir altyd
Chorus:
Want U's die kalm in my storm
U's my brood vir elke dag
U's die redding in my nood,
U's die hoorder van my roep
U verwyder al my sonde
wanneer ek dit kom bely
U genees ook al my wonde
en U waarheid maak my vry
2 Verse:
In die hemel is U al wat ek het
Ook op aarde soek ek net na U
Ek het amper geval
oor die voorspoed van die godelose
Maar U laat hul omkom in een oomblik
Wat my betref, dit is vir my goed
om naby U te wees
en ek sal bly vertel van al U wonders
Chorus:
Want U's die kalm in my storm
U's my brood vir elke dag
U's die redding in my nood,
U's die hoorder van my roep
U verwyder al my sonde
wanneer ek dit kom bely
U genees ook al my wonde
en U waarheid maak my vry
Bridge:
Heer ek buig neer voor U
in Gees en waarheid
Ek verootmoedig my voor U
Here ek soek na U,
my wese dors na U
Op U alleen sal ek vertrou
3 Verse:
Want U's n barmhartige God,
vol liefde, getrou
U's genadig en regverdig oh Heer
U's die groot "Ek Is",
God van die gode
Wat koon ooit oh Heer vir U onmoontlik wees?
4 Verse:
Met my hele hart sal ek U prys
oh Heer my God
Ek sal U naam oh heer vir ewig en altyd eer
Want u liefde vir my
was groot en getrou
Uit die dieptes van die dood het U my gered
U's my eerste en my enigste liefde
Chorus:
Want U's die kalm in my storm
U's my brood vir elke dag
U's die redding in my nood,
U's die hoorder van my roep
U verwyder al my sonde
wanneer ek dit kom bely
U genees ook al my wonde
en U waarheid maak my vry