Неизвестен - O hemelland, skoon hemelland
презентация

O hemelland, skoon hemelland

Неизвестен

Неизвестен - O hemelland, skoon hemelland

O hemelland, skoon hemelland

Обзор Презентация

1 Verse:
Ek sien die land van graan en wyn.
Waar al die Hemel-rykdom skyn.
In daardie land is altyd dag.
Daar is ek vry van sondenag.

Chorus:
O hemelland, skoon hemelland.
Ek staan hier op 'n hoë rand.
Ek sien daar oor die glase-see,
paleise wat Hy my gaan gee.
Ek sien ook daardie goue strand.
My hemel-huis daar anderkant.

2 Verse:
My Heiland kom en praat met my.
In soet gemeenskap aan my sy.
Hy lei my trou ook aan Sy hand.
Want ek woon naby hemelland.

Chorus:
O hemelland, skoon hemelland.
Ek staan hier op 'n hoë rand.
Ek sien daar oor die glase-see,
paleise wat Hy my gaan gee.
Ek sien ook daardie goue strand.
My hemel-huis daar anderkant.

3 Verse:
Ek ruik die soete blommegeur.
Ek sien die bome in hul fleur.
En lelies wat daar welig groei.
Waar lewenstrome altyd vloei.

Chorus:
O hemelland, skoon hemelland.
Ek staan hier op 'n hoë rand.
Ek sien daar oor die glase-see,
paleise wat Hy my gaan gee.
Ek sien ook daardie goue strand.
My hemel-huis daar anderkant.

4 Verse:
Die sagte wind suis in my oor.
Soet melodie van hemelskoor.
En engle sing saam in die kring.
Die lied wat die verlostes sing.

Chorus: (Afrkaans)
O hemelland, skoon hemelland.
Ek staan hier op 'n hoë rand.
Ek sien daar oor die glase-see,
paleise wat Hy my gaan gee.
Ek sien ook daardie goue strand.
My hemel-huis daar anderkant.

Chorus: (English)
O Beulah Land, sweet Beulah Land,
As on thy highest mount I stand,
I look away across the sea,
Where mansions are prepared for me,
And view the shining glory shore,
My Heav’n, my home forevermore!