Обзор Презентация
Verse:
Jy moet moed hou
in jou storm
Hoef nie te vrees
Moet nie twyfel
Want in tye
van benoudheid
is Hy daar om jou te red
Hy stuur sy Engel
om jou te voed
En gee jou krag
terwyl jy wag
Hy maak die deure oop
Hy breek die kettings los
Hy gee jou nuwe hoop
om aan te gaan
Chorus:
Hy maak 'n weg
Hy maak 'n weg
Hy maak 'n weg vir jou en my
Net soos met Moses
maak Hy 'n weg
vir jou en my